Maandag het ek begin werk by 'n pikante Bistro op Kerkplein in Pretoria, Café Riche. Wanneer jy die oerwoud van verkeer en onplesierig norse mense aanpak sal jy hier vind ‘n juweel in die hartjie van die stad. Hier, met Oom Paul se standbeeld net agter die bome weggesteek, is een van die ou geboue omskep in ‘’n restourantjie. Wel, die plekkie is nou al 17 jaar hier, so imagine die atmosfeer! Teen sesuur die oggend word die deure geopen. Die geur van varsgebakte brood en opregte koffie verwarm en omskep die stil grou oggend in ‘n teater soos die plein wakker word. Soos in My Fair Lady, deur Frederick Loewe, waar die plein stuk vir stuk wakker word, so kan jy hier ook die stad sien wakker word. Die verskil is net die lieflike koffie en die aangename personeel wat jou begroet en bedien.
So hou elke stukkie van die dag ‘n verrassing in. Van die blommestalletjie se spotgoedkoop blomme, tot die solder wat vol water is. Daar is nie ‘n plekkie om te kyk of gaatjie om in te krap waar daar nie ietsie moois te vinde is nie. Die pragtige argitektuur, die interessante stories van die gaste, die samesyn agter in die kombuis; die lys is nimmereindigend.
In die hele proses van aanpas en inpas in ‘n nuwe sisteem het ek ‘n paar goedjies agtergekom.
- Nuwe uitdagings is slegs so vreesaanjaend soos jy sit self maak.
- ‘n Breë glimlag breek klaar die ys, maar die ’n koue hart kan jy nie warm maak nie.
- Die beste manier om deel te word, is om deel te wees. Gee van jouself weg sonder om te verwag dat jy terug sal ontvang.
- Jy het nie baie tyd nodig om ‘n inpak te maak op iemand nie, so gebruik die tyd verstandig met die groter prentjie ingedagte
Ek is wel alreeds weer op pad weg. Ek het ‘n fantastiese geleentheid en is baie opgewonde oor die uitdaging. Tog is my hart swaar om hierdie plekkie te moet agterlaat. Daar is so baie wat ek gaan herroep in die vervolg, soveel mooi en aangename dingetjies. Dis nie so lekker om die vriendinne en familie wat ek in die afgelope 3 dae gemaak het te moet agterlaat nie. Kort, maar so kragtig die invloed wat gelowiges op mekaar het. Die versterking is onskatbaar in waarde en ek is bly om te weet ek kan altyd hier kan inloer, my hart oopmaak, en geestelike en vleeslike verfrissing ontvang. Broers en susters in Christus het nie velkleur, taal, sosiale status of enige sulke snert aan nie.
Kerk is wanneer Christus werklik vir jou is oral en in almal! Hier het ek iets van daardie verhoudinge leer verstaan.
No comments:
Post a Comment