Ek beskou myself as verhoudings gestremd. Lag maar lekker, dis my persepsie daarvan. Ek het groot geword om nie goeie mense verhoudinge te ontwikkel nie, nie dat dit werklik sleg uitgedraai het nie, dis net onder ontwikkeld. Genadiglik is ek nie onveranderbaar nie, want gelukkig behoort ek nie aan myself of my eie lot nie...
Na baie trane in eensaamheid het ek hierdie tekort reguit in die oë gekyk, en hardop verklaar dat ek totaal onvermoënd is om daaraan enige iets te kan verander, omgedraai en dit gelos om te vergaan. Met die verklaring het my hart en my fondasie gebreek, ek het deur my verwysingsraamwerk geval en die mure van my eie koninkrykie het neer getuimel. Jip, ek was 'n gemors. My woorde was swaarde, en my houding het gestink.
Moet nie te jammer voel nie, want die issues wat ek tot op daardie stadium gedra het het al veroorsaak dat baie mense met my kon vereenselwig... Dis mense wat met mense kan bemoeienis hê.
Nie soveel dag en datum as keerpunt nie, maar om in verhouding te kom met alles wat ek is, dis keerpunt. In totale oorgawe met die wete dat my persepsie, paradigmas en verwysings nie ooreenstem met die genadige liefde van ons Vader nie, is ek gebring om 'n hele paar lesse te leer oor verhoudings.
Hou bietjie 'n ogie oop vir wat ek met julle gaan deel. Dit is interresant hoe God Homself as verhoudings Skepper die voorbeeld kom stel.
No comments:
Post a Comment