Donovan A photo by I AM Pretoria |
“Jy kan nie vir jouself bid nie”.
Donovan, ‘’n boemelaar broer, het vandag Koninkryk woorde gespreek met hierdie stelling. Soos gebruiklikerwys op ‘’n Sondag oggend het ons vandag na Cafe Riché op Kerkplein gegaan om as OMNI groep bymekaar te kom. Hier kom ons saam om te deel oor wat God in ons lewens bewerk, hoe ons kerk uitleef en waar ons vir Jesus raakgeloop het. Die groep het wel vandag net bestaan uit myself en ‘’n kosbare man na aan God se hart. Later het ons boemelaar broer, Donovan, ook met ons kom deel.
In ons gesprek oor hoe God aan die gang is in die wêreld en hoe ons meer diensbaar vir Hom kan wees, resoneer die liefde van gemeenskap en lewe in ons broer soos hy ons dophou nie vêr weg nie. Soos ons ‘’n gedeelte lees uit die Woord en stop om Rom 1:14 te bepeins, kom hy met eenvoudige woorde van waarheid en roep ons op tot gebede wat nie onderskeid tref tussen mense nie. Vanuit sy geskiedenis is daar min wat die lewe moeiliker as hy beleef. Tog is sy onselfsugtige gebede gerig op die wat in tronke, hospitale en op straat is. Miskien is dit omdat hy self sulke omstandighede beleef het en daarom weet hoe moeilik dit is. Ongeag die rede, sy hart brand warm van omgee vir mense en veral broers en susters in sulke omstandighede.
Hoe baie vorme van gevangenis, siekte en verwerping is daar nie in die lewe buite die realiteit van die Koninkryk van Christus nie. Donovan leef in afhanklikheid van God en soos Paulus dra hy en ons die verantwoordelikheid om teenoor almal, ongeag agtergrond of opvoeding, die Goeie Nuus van Christus se verlossing en Koningsheerskappy nou reeds in hierdie lewe te ken en daarvoor te leef!
No comments:
Post a Comment