Ek glo die hartseerste sonde van die kerk is die houding teenoor ander van “Don’t know, don’t care”. As liefde omgee en sorg is, dan is om nie om te gee of daaroor om te gee nie die mees liefdeloosste daad. As sonde optrede buite die verhouding met God is, impliseer verhouding met Hom omgee, sorg, belangstelling en dus liefde.
My ouma het altyd gesê: “Love begets love”. God is liefde en sy opdrag aan ons is om ander so lief te hê soos wat ons onsself het. Ek ervaar dat God vir my die allerbeste keuse en diepste verlange is. As Hy dan vir my die allerbeste is en sy hart is dat almal dit kan ken en ervaar, dan moet ons omgee of ander dit ook ken en ervaar. Ons word dus opgeroep om in verhouding met ander om te gee of hulle ook in verhouding met God staan.
Verhoudings het ‘’n wedersydse dinamika. God gee, maar ons moet genoeg in verhouding omgee om te ontvang wat ons nie by magte is om self terug te gee nie. God ken ons goed genoeg om te weet ons kan nie terug gee in dieselfde mate nie. Hy vra wel dat die hart in dankbaarheid ontvang en van daar leef na ander. In oop verhouding kan ons vrymoedig tot God nader om die liefde ontvang wat ons bring tot bekering van die ou mens na die nuwe lewende mens. Omdat God deur mense werk, ongeag waar, wie en wanneer, moet ons dus genoeg liefde in verhouding hê om Jesus in ander te soek. Wat meer is, ons moet omgee of hulle ook na Hom soek en smag.
Oop verhouding deur ander lief te hê, skep geleentheid om intimiteit te ontdek. Dit bowenal met broer en susters. In intimiteit lê die sleutel tot dissipelskap, want daar is liefde deur die Gees se bindende werking die afbeelding van verhouding met Jesus. Inderdaad verhouding met God.
No comments:
Post a Comment