Thursday, 4 August 2011

Jaloers oor ander se liefde vir my geliefde

Ek voel vandag soos die Hooglied vrou wat soekend hunker na haar geliefde. 

’n Kring gelowiges, wat ek verkeerdelik op uiterlike oorweging beoordeel het, het my hart in verlange laat uitroep “Sê vir Hom dat die liefde my verteer”.

Hoe eienaardig wanneer die hart begin bons en spring wanneer ek Sy Naam op ander se lippe hoor.  Die opgewondenheid wanneer sy Naam verheerlik word oor hoe Hy, my Geliefde, ander se lewens aanraak en hul uit die duisternis lei. 

Asemrowend om in daardie oomblik ook te kon weet langsaan my, binne my en omarmende rondom my is Sy teenwoordigheid, net soos vir elk van daardie gelowiges in die gebedskring. 

Laat ons Hom aanroep, want die Een wat ons gemaak het, die Een wat ons steeds onderhou en ons siele innig liefhet is juis opgewonde oor ons liefde vir Hom.  My geliefde het nie van my weg gegaan nie, Hy is altyd hier.  Miskien is ek net die hardkoppige bakleierige dwase vrou wat onenigheid saai in my liefdes verhouding met Hom.  Genadiglik is Hy nie soos ons mense nie, maar juis die Een wat ons kom wys hoe om mens te wees.


No comments:

Post a Comment