Thursday 27 January 2011

Hartsake

Om alles van water te weet het min betekenis as dit nie gedrink word nie. Blote boeke kennis is koud en dood.  Kennis van ons Koning en God, Jesus, is net so van min waarde as ons nie drink en eet van Hom nie, dis nog nie verhouding nie.  Die bose geeste weet ook van Jesus. Hul is baie intens bewus van sy Koningskap en heerskappy en sidder van vrees oor die vernietigende impak wat Hy op hulle wese het.  In verhouding met Hom is daar in ons ook ‘n vrees, wel een van heerlike en heilige vrees vir Hom. 

Om in verhouding met Hom te kom, en dan deur Hom gebring te word om in intensiteit te vorder om vanuit hierdie diepte plek te lewe en te groei is vanself ‘n openbaring.  Buiten dat dit sy genade en liefde openbaar, kom toon Hy daarin ook Homself, en meer nog, kom toon Hy sy hart aan ons.  Omdat sy Gees nie net die Godheid ken en ons aan Christus bind wat ons tot die Vader bring nie, ken Hy ook ons leegheid, ons mensheid.  Hy is die een wat die hart ken en toets. 

My krete het saam met die Psalm digter opgegaan, dat die kenner van die harte my hart ook sal deurgrond, deursoek.  Hoe kosbaar om op Hom te wag, in sy beloftes getroos.  Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer (Ps37:5 OAV).  Hy het aan my kom toon die temperatuur en ywer van my hart.  Die soeke en trane en smeek gebede was nie tevergeefs nie.  Dit was ook nie uit myself nie.  Net soos Hy my gebring het om dit tot die hemele op te stuur, toon Hy nou ook dat die blou warm louterende vuur van my goudklomp lewende hart van Hom af brand.  Hy het die aan gesteek, en Hy hou dit aan die brand.

Om in kontak te kon met hierdie openbaring van sy hart oor wat Hy in my hart werk is grond tot verheerliking.  Ek voel om te jubel en juig.  Ek wil op die berg toppe gaan staan en aan almal verkondig dat Hy alles wonderbaarlik in sy eie hand vashou, bewerk en so innig liefhet.  Hy ken die hart, verander dit, plant die Gees van heiliging, van afsondering in ons harte.  Aan Hom behoort elke hart. 

Monday 17 January 2011

Die regte ding op die regte tyd

'n Kosbare vriend het eenmaal 'n kommentaar oor die wonderlike ervaring van God se voorsienigheid gemaak wat my weer bietjie dieper verwonderd gelaat het.  Kort nadat ons ontmoet het, het hy gesê dat God die regte mense op die regte tye op die regte plekke plaas, sodat Hy daardeur verheerlik kan word.

Ons almal het in die lewe al stampe en skrape opgedoen.  Baie het uit onkunde of soms ontkenning volhard in verkeerde weë.  Ander is weer slagoffers gewees van ongeregtigheid.  Ongeag die oorsaak, die vorm wat jy nou aanneem is hoe jy jou bevind.  Die genade en troos is dat ons nie "so-gemaak-en-so-gelaatstaan" is nie.  God is altyd aan die werskaf en werk met ons om ons te vorm en te verander om meer en meer na Jesus se beeld verander te word.  


Faktore wat jou kan hinner of ondersteun om hierdie ontvorming van die self, en vervorming tot die beeld van Jesus, die heiligheidslewe, neem baie vorme aan.  Party sal dit relevante faktore noem.  Omdat God as Maker IS, is alles in sy hand en vermoë.  By Hom kan enigeiets en alles relevant wees vir die doel wat Hy bepaal het.  Hoe Hy besluit om jou te verander is in sy Almagtige hande.  Hoe Hy bepaal die proses gaan verloop is nie vir ons om te bevraagteken, voorskryf of beoordeel nie.  


Hy sê wag, vertrou en weet - Ek IS wie Ek sê Ek is.

Ek IS God.

Saturday 15 January 2011

I am in love!


















Ever been in love?
Jumping when your love's name is mentioned. Getting goosebumps when someone talks about what him?When every thought, plan, and hopeful event is planned around the fact that you may just be able to spend time in his presence?

I am there!  Who can it be?

My constant companion, lover, friend, and Saviour is Jesus Christ.

In this ever changing world full of disillusion and disenchantment I have found a true constant, caring and eternal love.  In love and in life He presents no surprises except the breathtaking interventions proclaiming His Kingship, wonder and majesty.

Instead of having those flutters that takes my focus away from the given calling of my life, I found this calling and life in Him!  Nothing in this life could ever compare to the love that I have found.  In truth, if He chooses to keep me bound to Him alone, I would deem it a privileged to be called only His love, and find it not a loss.

Some may call me a fool, overbearing or even illusional.  I would answer that if you never fall in love with Him, you may just be found to be the fool one day.

In faith I find a life worth living for, and a Love worth breathing for.  He graciously payed the prise that I may receive faith.  Even more radical is that He is the One my faith is for and about.  If "faith is what makes real the things we hope for. It is proof of what we cannot see (Heb 11:1 ERV)" then I have been granted the privilege that I may be in love with Him.

If He is who He says He is, (and by and by, He IS), then I am more then just HIS lover and friend.  I am part of His bride, and so are you!!!

Thursday 13 January 2011

"You shall see My wonders!"




How did your day start?  If anything as beautiful as this I dearly hope a night the same as mine preceded it.  My ability with a camera is not what it ought to be, but having my brother's camera at hand does make the job easier.  


For the past 10 days I have woken up to a view with the potential of this picture, but neither the weather not my spirit were playing along to see the astounding wonder of God's omnipresent love.  Thankfully, on the second to last morning here, I was woken at around quarter past one after a vision that shook me to my bones.  Shortly after trying to fight against the chill it left me with, I grabbed a nightlight and glancing at the stars mysteriously showing up and some even deciding to be shot just to show their delight, I pulled a few blank papers closer.  Without taking the time to find my own words I just started scribbling…

Three hours later and after finishing the first chapter of my book, I ran out of words, and saw the first light of dawn coming over the horizon.  The waves became more distinguished, and soon after my prayers caught fire the horizon and sea were joining in the same song.  Mesmerized I just sat and watched, listening to the songs rising up from the earth, proclaiming God’s love. 

For the ones searching to find God, He shall always let Himself be found.  Blessed be you when you are searching, for you shall see His wonders!

Friday 7 January 2011

Van God: 'n boodskap van Geloof

'n Boek resensie

Skrywers: Retha an Aldo McPherson
ISBN: 978-0-620-43581-9

"Luister asb wat Jesus sê, Hy sê jy moet jou lewe hier op aarde los. Hy sê Hy wil jou alles wees".

Aldo en sy familie veg nou al die afgelope 6 jaar teen die effekte van 'n ongeluk wat hulle vleeslike wêreld geruk het.  Gedeeltelike verlamming en epilepsie is van die effekte waarteen hul steeds veg.  Tog het hierdie ongeluk hul gebring op 'n pad van ongekende hemelse intimiteit met God in die geestelike dimensie.  Aldo, as 'n kragtige profeet, wandel met Jesus en verkondig die opdrag aan die bruid om gereed te wees.  Tussen die epileptiese aanvalle hou die wandeling in die gees nie net vir hom staande nie, maar ook vir Retha, sy kosbare ma.

Die profesieë, briewe en gesprekke word deur Aldo neergepen in 'n kinderlike handskrif.  Hierdie boodskappe wissel van persoonlike vertroostings, tot aspekte wat van internasionale belang is.  Dit weerspieël 'n opregte verhouding met God.  Hierdie boek roep tot geloof, en hierdie kosbare gesin toon die resultate van volgehoue vertroue in God.  Soos Retha herhalend verklaar: "Geloof is dit, om te weet dat ek weet dat ek weet dat God is wie Hy sê Hy is". 

Hierdie boek laat jou honger na 'n persoonlike verhouding met Jesus.  Die ryk interaktiewe en kragtige geestelike aspek was 'n aangename ervaring.

8/10

Kry 'n Boodskap van Geloof van Retha Mc Pherson Ministries.