Thursday 24 February 2011

Astoundingly true to His Word

Broken and weak I write this log tonight, for some old forgotten wounds have been and are being opened.  My life has been going through constant change recently, and to my amazement it seems to still be changing.  The amount of things and places of change within a person are already one of the areas of astonishment.  What takes my breath away lies in the mysterious ways God causes things to change within us, and keeps the process going on.  When He starts working, He doesn’t stop.  We never arrive, we stay in process with Him, for the purpose of His work is to be changing us to become like Jesus Christ.  I have asked God to reveal and heal my heart, helping me understand why some things seem to be turned upside-down or inside-out.  True as one would always find Him, He is causing that which is weak and lame to become strong.  Never doubting that the process He takes us through is done with a higher cause, it gives me great pleasure to keep in mind that He is willing to compromise our temporal happiness in order to increase the Chrislikeness that He is working within us.  Tired to the point of exhaustion, I realize that we so badly fight against letting go of our own dreams and desires even with the knowledge that within God the untold treasure to be found is life and that in abundance. 

Graciously broken, the astonishing peace flowing from the deep place of knowledge and communion with God, my expectation now lies in finding Him and the illumination of the mysteries of His Kingdom.  How awesome is our God! 

Wednesday 9 February 2011

Die Bistro op Kerkplein

Maandag het ek begin werk by 'n pikante  Bistro op Kerkplein in Pretoria, Café Riche.  Wanneer jy die oerwoud van verkeer en onplesierig norse mense aanpak  sal jy hier vind ‘n juweel in die hartjie van die stad.  Hier, met Oom Paul se standbeeld net agter die bome weggesteek, is een van die ou geboue omskep in ‘’n restourantjie.  Wel, die plekkie is nou al 17 jaar hier, so imagine die atmosfeer!  Teen sesuur die oggend word die deure geopen. Die geur van varsgebakte brood en opregte koffie verwarm en omskep die stil grou oggend in ‘n teater soos die plein wakker word.  Soos in My Fair Lady, deur Frederick Loewe, waar die plein stuk vir stuk wakker word, so kan jy hier ook die stad sien wakker word.  Die verskil is net die lieflike koffie en die aangename personeel wat jou begroet en bedien. 

So hou elke stukkie van die dag ‘n verrassing in.  Van die blommestalletjie se spotgoedkoop blomme, tot die solder wat vol water is.  Daar is nie ‘n plekkie om te kyk of gaatjie om in te krap waar daar nie ietsie moois te vinde is nie.  Die pragtige argitektuur, die interessante stories van die gaste, die samesyn agter in die kombuis; die lys is nimmereindigend.

In die hele proses van aanpas en inpas in ‘n nuwe sisteem het ek ‘n paar goedjies agtergekom. 
  • Nuwe uitdagings is slegs so vreesaanjaend soos jy sit self maak. 
  • ‘n Breë glimlag breek klaar die ys, maar die ’n koue hart kan jy nie warm maak nie.
  • Die beste manier om deel te word, is om deel te wees.  Gee van jouself weg sonder om te verwag dat jy terug sal ontvang.
  • Jy het nie baie tyd nodig om ‘n inpak te maak op iemand nie, so gebruik die tyd verstandig met die groter prentjie ingedagte


Ek is wel alreeds weer op pad weg.  Ek het ‘n fantastiese geleentheid en is baie opgewonde oor die uitdaging.  Tog is my hart swaar om hierdie plekkie te moet agterlaat.  Daar is so baie wat ek gaan herroep in die vervolg, soveel mooi en aangename dingetjies.  Dis nie so lekker om die vriendinne en familie wat ek in die afgelope 3 dae gemaak het te moet agterlaat nie.  Kort, maar so kragtig die invloed wat gelowiges op mekaar het.  Die versterking is onskatbaar in waarde en ek is bly om te weet ek kan altyd hier kan inloer, my hart oopmaak, en geestelike en vleeslike verfrissing ontvang. Broers en susters in Christus het nie velkleur, taal, sosiale status of enige sulke snert aan nie.  

Kerk is wanneer Christus werklik vir jou is oral en in almal!  Hier het ek iets van daardie verhoudinge leer verstaan.

Thursday 3 February 2011

'n Nuwe Verwysing op Verhoudinge



Ek beskou myself as verhoudings gestremd.  Lag maar lekker, dis my persepsie daarvan.  Ek het groot geword om nie goeie mense verhoudinge te ontwikkel nie, nie dat dit werklik sleg uitgedraai het nie, dis net onder ontwikkeld.  Genadiglik is ek nie onveranderbaar nie, want gelukkig behoort ek nie aan myself of my eie lot nie...

Na baie trane in eensaamheid het ek hierdie tekort reguit in die oë gekyk, en hardop verklaar dat ek totaal onvermoënd is om daaraan enige iets te kan verander, omgedraai en dit gelos om te vergaan.  Met die verklaring het my hart en my fondasie gebreek, ek het deur my verwysingsraamwerk geval en die mure van my eie koninkrykie het neer getuimel.  Jip, ek was 'n gemors.  My woorde was swaarde, en my houding het gestink.

Moet nie te jammer voel nie, want die issues wat ek tot op daardie stadium gedra het het al veroorsaak dat baie mense met my kon vereenselwig...  Dis mense wat met mense kan bemoeienis hê.  

Nie soveel dag en datum as keerpunt nie, maar om in verhouding te kom met alles wat ek is, dis keerpunt.  In totale oorgawe met die wete dat my persepsie, paradigmas en verwysings nie ooreenstem met die genadige liefde van ons Vader nie, is ek gebring om 'n hele paar lesse te leer oor verhoudings.

Hou bietjie 'n ogie oop vir wat ek met julle gaan deel.  Dit is interresant hoe God Homself as verhoudings Skepper die voorbeeld kom stel.