Friday 19 October 2012

Verwag teleurstelling, maar nie by God nie


My hande was selde gedurende my skooljare ledig. Self 'n film tuis was na die eerste advertensiebreuk tweede prioriteit na een of ander handwerksartikel of kreatiewe projek by die geselskap aangesluit het.

Vele van die projekte was ten doel om of ander vreugde te gee, of om verhouding en gemeenskaplikheid te bou met my huishouding. Dit was my spontane plek van deel, omgee en liefde gee aan my gesin. Of dit takies in die huis was, of geregte in die kombuis, dis waar ek my omgee tyd spandeer het.

Soos maar die gevalle mens is, was my "gee" verseker nie onvoorwaardelik nie. Op daardie stadium het dit nie saak gemaak nie, maar na dieper ondersoek het hierdie 'n groter gevallenheid en leuen ontbloot. "Liefde moet verdien word."

Eers jare na die skade aangerig is, en ek die gevolge daarvan hanteer, moes ek die afgryslike motiewe 'n naam gee. My voorwaardes en verwagtinge van my gee was om liefde en verhoudinge te wen, te verdien, selfs te steel.

Met hierdie ontnugtering het die golwe van teleurstelling begin spoel oor my rou hart. Amper handomkeer het my gee in koudheid verander. Ek het heeltemal ophou gee uit vrees vir hierdie slaggate. Weereens was my vlug in die woestyn in, weg van die Bron van lewe.

Ek het geword die behoeftige, die koue, die vreemde. Dis hier waar die genade oor my wonde kom was het. Soos sout op my wonde het die onvoorwaardelike liefde van my geloofsfamilie my wonde eers gebrand. Die genesing het wel gekom, en stelselmatig kon ek weer begin gee.

Ek het begin leer om aan ander te doen wat ek graag aan myself gedoen wil hĂȘ. Dat gee mens gelukkiger maak as om te kry, maar dat wat ek dink ek wil gee nie noodwendig is wat nodig is nie. So opreg soos ek graag wou gee, so was my voorwaardelikheid en verwagtinge menigmaal ontbloot. Dis moeilike sake om by verby te kom. Dit moet deur gewerk word - deur gebreek word.

Rou, stukkend en so bietjie gesout kan ek nie anders as om gee deel te maak van my wese nie. Onderliggende verwagtinge en voorwaardes word altyd ontbloot, soos kwaaddoeners word hulle uitgevang. Die onvoorwaardelike liefde van Christus oorweldig my wel menigmaal wanneer die skare my insluk. Mense wat in hul verwagtinge teleurgesteld sal staan, maar deur hierdie proses God se reinheid sal ontdek en daarin nie teleurgesteld sal staan nie.