Ons almal het in die lewe al stampe en skrape opgedoen. Baie het uit onkunde of soms ontkenning volhard in verkeerde weë. Ander is weer slagoffers gewees van ongeregtigheid. Ongeag die oorsaak, die vorm wat jy nou aanneem is hoe jy jou bevind. Die genade en troos is dat ons nie "so-gemaak-en-so-gelaatstaan" is nie. God is altyd aan die werskaf en werk met ons om ons te vorm en te verander om meer en meer na Jesus se beeld verander te word.
Faktore wat jou kan hinner of ondersteun om hierdie ontvorming van die self, en vervorming tot die beeld van Jesus, die heiligheidslewe, neem baie vorme aan. Party sal dit relevante faktore noem. Omdat God as Maker IS, is alles in sy hand en vermoë. By Hom kan enigeiets en alles relevant wees vir die doel wat Hy bepaal het. Hoe Hy besluit om jou te verander is in sy Almagtige hande. Hoe Hy bepaal die proses gaan verloop is nie vir ons om te bevraagteken, voorskryf of beoordeel nie.
Hy sê wag, vertrou en weet - Ek IS wie Ek sê Ek is.
Ek IS God.
No comments:
Post a Comment