Skrywers: Retha an Aldo McPherson
ISBN: 978-0-620-43581-9
"Luister asb wat Jesus sê, Hy sê jy moet jou lewe hier op aarde los. Hy sê Hy wil jou alles wees".
Die profesieë, briewe en gesprekke word deur Aldo neergepen in 'n kinderlike handskrif. Hierdie boodskappe wissel van persoonlike vertroostings, tot aspekte wat van internasionale belang is. Dit weerspieël 'n opregte verhouding met God. Hierdie boek roep tot geloof, en hierdie kosbare gesin toon die resultate van volgehoue vertroue in God. Soos Retha herhalend verklaar: "Geloof is dit, om te weet dat ek weet dat ek weet dat God is wie Hy sê Hy is".
Hierdie boek laat jou honger na 'n persoonlike verhouding met Jesus. Die ryk interaktiewe en kragtige geestelike aspek was 'n aangename ervaring.
8/10
Kry 'n Boodskap van Geloof van Retha Mc Pherson Ministries.
No comments:
Post a Comment